Ons kliënt is op soek na ‘n WordPress webontwikkelaar gebaseer in Wellington wat in staat is om die kuns van ontwerp met ‘n sterk tegniese vermoë te integreer. Hulle is op soek na ‘n hardwerkende persoon met ‘n “kan-doen” houding wat graag wil werk in ‘n Christelike media omgewing.

As jy op soek is na ‘n posisie as veelsydige webontwikkelaar, kan hierdie posisie vir jou perfek wees. Jy moet gelyktydig kan werk op verskeie webwerwe en projekte en beskik oor ‘n wye kennis van die bou en instandhouding van WordPress webwerwe. As jy in staat is om goed-funksionerende webwerwe te ontwikkel wat gebruikersgedrag beïnvloed, dan sal ons jou graag wil ontmoet!

Rol verwante vereistes:

– ‘n Minimum van 2 jaar werksondervinding in WordPress webtuiste-ontwikkeling
– Vertroud wees in die bou en instandhouding van WordPress webwerwe
– Beskik oor bestaande kennis om ‘n WordPress webwerf te optimaliseer vir soek enjins
– Gebruik “plugins” om webwerf se funksionaliteit te verbreed
– Vertroud met responsiewe ontwerp beginsels en kodering en die beste praktyke vir die bou van mobiele-vriendelike webwerwe
– ʼn Duidelike begrip en ervaring in HTML en CSS
– Vermoë om ontluikende tegnologieë te ondersoek en moontlike nuwe toepassings te identifiseer
– Ontwerp e-mailers vir nuusbriewe en bemarkingsveldtogte
– Opsioneel: Adobe Photoshop/Illustrator ervaring en kennis om kunswerk vir digitale veldtogte te skep.

Persoonlike vaardighede en eienskappe:

– Vermoë om in spanverband en onafhanklik op jou eie te werk
– Vermoë om spertye te haal en veranderende prioriteite te hanteer
– Bly op datum met die nuutste ontwikkeling en digitale tendense
– Vermoë om verskeie projekte gelyktydig te bestuur
– Goeie geskrewe en verbale kommunikasievaardighede

Aansoeke sluit: 29 Februarie 2020
Navrae: (email address)

Learn more/Apply for this position